Thursday  - 25 April 2024
Opkomende Gebeure


Hertzogville Vroue Landbou-Unie

'n Dinamiese, geesdriftige organisasie vir vroue met ‘n visie en ‘n passie!

Inhoudsopgawe
 
 
Ons Visie
 
KORRELS 
 
Program vir 2014 
 
Kompetisies vir 2015 
 
NUUS 
 
Resep van die Maand
 
VLU Aansluit info
 
Kontak besonderhede
 
Aansoekvorm VLU
HERTZOGVILLE VROUE LANDBOU-UNIE

Ons visie is om deur middel van kwalitiet programme en projekte lede toe te rus as tuisteskeppers en meelewende landsburgers, sodat hul kennis en vaardighede sal ontwikkel tot voordeel van hul gesin, die gemeenskap en ons land en dit ook aan ander sal oordra.  Ons passie is om alle vroue saam op hierdie reis te neem.



Kontak besonderhede
Mev. Suna Malherbe

Sel: 083 647 5504 

  OF

Mev. Meryl Greeff 
E-pos: meryl@boscobel.co.za

Sel: 082 824 1318

 
                            

     



 
 
 


24  MEI - KREATIEF EN DEMO'S
 
BESTUURSLID:  SUNA MALHERBE
KOMITEE:             Corrie Bredenkamp,  Jaco Niemann, Sus Goosen,
                                    Rensia Hamman
 
Kompetisies:  

Gebak:        Dadelblokkie:  Vertoon 3 blokkies van 5cm X 5cm elk op 'n glasbord. 
                       Eie resep moet by wees.
Gebottel:   Vyeblatjang. Vertooon in blatjangbottel. Etiket 2cm van onder.  Eie resep moet by
                       wees.
Kreatief:     "Nuwe lewe vir 'n ou storieboek."
Hekel:           Gehekelde serp.  Monster en etiket van breigare moet aangeheg wees.
Masjienwerk: Kreatiewe strooikussing.  (Laslapblokkies/ kant/ lint).  Nie groter as 50cm X
                        50cm. 
Skryfwerk:   "MAANDEINDE" Konferensie inskrywing.  Sien Vrou 24/7 Somer Uitgawe vir
                         riglyne.
Spogtafel:    "MY STOKPERDJIE"
 
Gidse:       Salomé, Adelé em Judy         

 Verjaarsdae:     Elize 29/5;  Lanie 15/6;  Rina 15/6;  Sus 15/6
 

 


JAARPROJEK:  "MELK MAAK 'N VERSKIL"

Bring asseblief 1liter "long life" melk saam.

 




"Ek gaan allees rondom my
mooi maak,
en dit dan my
LEWE noem." 

 








KAASSKONS
1 k  gerasperde Cheddar kaas
2 eiers
4t bakpoeier
1t sout
2 k meelblom
knippie rooipeper
5E botter of margarien
ongeveer ½k melk


Voorverhit oond tot 250ºC (of 220ºC)
Sif droë bestanddele saam.  Vryf die botter liggies met
vingerpunte in die meelmengsel.
Meng die geklitste eiers met die melk.
Voeg die gerasperde kaas by meelmengsel en sny die
vloeistof daarin om dit te meng, sonder om die deeg
te knie of druk.
Rol deeg liggies uit op meelbestrooide oppervlak,
tot 2cm dik en ongeveer 4cm in deursnee.
Druk sirkels (nie riffeldrukker) uit en plaas op gesmeerde
bakplaat.  Bestryk met verdunde melk.
Bak  vir 10 minute @ 250ºC of
14 minute @220ºC.


 
 
Waarom aansluit by Hertzogville VLU?
 
Alhoewel Hertzogville nie ‘n baie groot gemeenskap is nie, beskik die dorp oor super talent, goeie samewerking en mense wat die waarde van saamstaan ken.
 
Daarby is ons altyd gretig om te leer en nuwe velde te ontdek en te ontwikkel.  Ons geniet wat ons doen met oorgawe!
 
 
Lidmaatskap is baie bekostigbaar - R340 per jaar.  (Dit kan ook in 2 paaiemente betaal word.)





 


Kliek hier om die aansoek vorm af  te laai /Images/CKFinderUpload/files/Aansoekvorm(3).pdf









 
LAND